Die aantal maselsgevalle landwyd neem steeds toe, met ses gevalle wat vandeesweek binne ’n radius van 2 km in Benoni aan die Oos-Rand gediagnoseer is.
Volgens die jongste inligting van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is daar sedert September 2022 tot nou 421 gevalle van masels landwyd aangemeld.
Nios sê die departement van gesondheid in Gauteng moet “onmiddellik en dringend” optree om te keer dat masels aan die Oos-Rand versprei.