Die eerste entstof teen die koronavirus kan moontlik eers teen die einde van 2021 beskikbaar wees.
Die doel hiervan sal ook nie wees om almal immuun te maak teen die virus nie, maar eerder om groep-immuniteit te bewerkstellig.
Prof. Shabir Madhi, direkteur van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se eenheid vir entstowwe, sê as 60% van ’n bevolking immuun is, sal die entstof doeltreffend wees omdat die virus se reproduksiesyfer dan na een of minder sal daal.