Provinsiale regerings moet meer as R45 miljoen se belastingbetalersgeld opdok om vir mediese studente in Kuba se studie te betaal weens ’n berekeningsfout in die rand-dollar-wisselkoers.
Rapport se susterkoerant, City Press, verneem dr. Sandile Buthelezi, direkteur-generaal van gesondheid, het die provinsies verlede maand opdrag gegee om ’n tekort van R45,154 miljoen te betaal vir die finansiering van mediese studente wat deel was van die Nelson Mandela-Fidel Castro- mediese program vir 2019-’20.
Bewerings van korrupsie in dié samewerkingsprogram, wat in 1995 deur die destydse president, Nelson Mandela, op die been gebring is, doen ook die ronde.