Die Duitse gesin wat kwarantyn vir die koronavirussiekte Covid-19 in Suid-Afrika geweier het, word nie strafregtelik vervolg nie.
Dié ma, pa en jong dogter is in kwarantyn in die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg nadat die polisie hulle Dinsdagmiddag opgespoor het.
Die Gautengse gesondheidsdepartement het aan Rapport gesê die drie voldoen nou aan die kwarantynmaatreëls.