Enkele dae voor sy onverwagse dood aan bloedvergiftiging verlede Sondag het die 12-jarige Ronaldo Kirsten vir sy ma gesê hy “is reg om na Liewe Jesus toe te gaan en wil nie meer hierdie ekseem-velletjie hê nie”.
Christelle Gunter (32), van Humansdorp in die Oos-Kaap, sê haar klein “Nallie” het van sy sesde week af erge ekseem gehad.
“Wanneer dit erg was, het amper sy hele vel ontsteek, van sy voete tot sy ooglede,” sê Gunter.