Suid-Afrika kan terwyl hy die verwoestende impak van die koronaviruspandemie bestuur, nie die MIV/vigs- en tuberkulose- (TB) pandemie in sy midde ignoreer nie.
Pres. Cyril Ramaphosa skryf so Maandag in sy weeklikse nuusbrief op die vooraand van Wêreldvigsdag wat Dinsdag internasionaal gevier sal word.
Adj.pres. David Mabuza sal as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad Dinsdag die nasionale herdenking van dié dag met ’n toespraak oor die land se vordering teen MIV/vigs lei.