Geen bykomende verpleegsters is tot dusver by die Fort England Psigiatriese Hospitaal in Makhanda aangestel nadat meer as 50 personeellede positief vir die koronavirus getoets is nie.
Dit beteken dat gesonde personeellede langer ure en dubbelskofte moet werk om die mas op te kom, sê Jane Cowley, DA-woordvoerder oor gesondheid in die Oos-Kaap.
Die tekort aan personeel het op ’n oorsigbesoek aan die hospitaal van Cowley en Siviwe Gwarube, DA-LP en die party se woordvoerder oor gesondheid, aan die lig gekom.