Twee hospitale in die Nelson Mandelabaai-metro het tot verdere kennisgewing alle nienoodsaaklike operasies en toelatings opgeskort.
Die hospitaalgroep Netcare het Maandag die besluit aangekondig as deel van sy strategie om gedurende die verwagte toename in Covid-19-pasiënte oor die nodige kapasiteit te beskik.
Die Netcare Greenacres-hospitaal in Port Elizabeth en die Netcare Cuyler-hospitaal in die buurdorp Uitenhage sal voortaan die beleid handhaaf.