Nog lande het vlugte uit Suid-Afrika opgeskort of alle vlugte gekanselleer in ’n poging om die verspreiding van ’n nuwe variant van die koronavirus te verhoed.
Teen Maandag het Duitsland, Switserland, Israel, Turkye en El Salvador reeds bekend gemaak dat hulle vlugte of reisigers van Suid-Afrika tydelik nie gaan toelaat nie.
Nederland het hom ook geskaar by die lande wat vlugte uit Suid-Afrika verbied het, hoewel mediese werkers en vragvlugte steeds toegelaat sal word, berig Reuters.