“ ’n Monument van grootskaalse korrupsie.”
Dit is hoe dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, Maandag verwys het na die nuwe Psigiatriese Hospitaal in Kimberley wat Maandag uiteindelik amptelik sy deure geopen het.
Konstruksie aan dié hospitaal het bykans 13 jaar gelede begin. Dit het ’n aanvanklike begroting van R290 miljoen gehad en sou binne drie jaar voltooi gewees het. Maar uiteindelik is bykans R2 miljard glo aan dié ultramoderne hospitaal bestee.