Pres. Cyril Ramaphosa kan vir eers sy voet “effens” van die rem lig en sekere maatreëls teen die koronaviruspandemie verslap.
So meen prof. Helen Rees, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) en lid van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19, wat die regering oor die pandemie adviseer.
“Ons het met die onluste gesien dat die uitwerking van die pandemie, soos die druk op hospitale, teen die belange van die ekonomie opgeweeg moet word,” sê Rees.