“Twee weke en twee dae gelede is die wêreld onder my uitgeruk. My hart en gees is gebreek. Dis onregverdig, dit voel soos ’n droom.”
Met dié aangrypende woorde het Donovan Delport (22) Dinsdag in die HerlewingSentrum Wonderboompoort in Pretoria afskeid geneem van sy ma, stiefpa en 15-jarige broer.
Ian en Christa Greyling, asook Jacques Marais, is op 10 Januarie dood in ’n botsing op die N3 naby Harrismith in die Vrystaat. Hul vriende, Willie en Zelde Snyman, hul dogter, Lize (15), en Raymond Masango was ook onder die sewe mense wat op die toneel gesterf het.