Een van die dokters wat in 2014 die eerste suksesvolle penisoorplanting in Kaapstad uitgevoer het, het gehelp om ’n revolusionêre prosedure ter verligting van mans se urineringsprobleme na Suid-Afrika te bring.
Dié nuwe prosedure is verlede week vir die eerste keer in Suid-Afrika deur ’n span van die Universiteit Stellenbosch (US) en die Tygerberg- Akademiese Hospitaal uitgevoer.
Dit is die afgelope vyf jaar met groot sukses in Europa en Amerika gedoen.