Dr. Sandile Buthelezi, nuwe direkteur-generaal van die departement van gesondheid, sê om midde-in ’n pandemie by dié departement aan te sluit, voel soos om op ’n bewegende trein te klim.
Maar hy glo hy voeg reeds waarde tot die departement toe.
Buthelezi se aanstelling is Woensdag deur die kabinet bevestig en Donderdag amptelik aangekondig.