Die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) sal van Woensdag af honderde mense kan ontvang om teen Covid-19 ingeënt te word.
Die Wes-Kaapse regering beoog dat dié massa-inentingsentrum uiteindelik 4 000 mense per dag sal bedien en ’n noodsaaklike rol in die inentingsprogram speel.
Alan Winde, premier, het die Kiks Dinsdagoggend saam met Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, en verteenwoordigers van die mediese fonds Discovery Health besoek.