Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, en 25 ander spelers en personeel in die Bokkamp is positief vir Covid-19 getoets– ondanks dat die span hulle in ’n Covid-19-vrye “bio-borrel” in ’n hotel in Johannesburg bevind.
Amper ’n hele rugbyspan spelers – 14 – het die virus onder lede, wat ernstige vrae laat oor die Bokke se voorbereiding vir die langverwagte toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus.
Omdat al die spelers en personeel in die Bokgroep ingeënt is, blyk dit dat diegene wat wel die virus onder lede het baie ligte of geen simptome het nie.