’n Onderwyser van die Sekondêre Skool Albert Myburgh in Bredasdorp is positief getoets vir Covid-19 en nog vyf personeellede is tans in kwarantyn omdat hulle kontak met die onderwyser gehad het.
Dit is Donderdag by navraag deur die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) bevestig.
Die skool het vroeër in ’n verklaring op sy Facebookblad gesê “dit is met groot kommer en besorgdheid dat ons u meedeel dat ’n opvoeder positief getoets het en vyf personeellede wat met die kollega kontak gehad het, is in kwarantyn”.