Pasiënte wat weens stukkende hysbakke met trappe op en af gedra word, gebreekte toilette wat dokters self moet laat regmaak, yskoue sale waar daar nóg verwarmingstelsels nóg komberse vir pasiënte is.
Dít is van die rillerverhale wat dokters in staatshospitale die afgelope week aan Rapport vertel het.
Die medici sê teaters in die staatsektor staan dikwels onbenut omdat operasies weens personeeltekorte uitgestel word, terwyl yskaste in lykshuise onklaar is.