Die Federasie van Suid-Afrikaanse Chirurge (FSC) distansieer hom van mense en organisasies wat “ongegronde menings lug wat strydig met die bestaande wetenskaplike bewyse ten opsigte van die Covid-19-entstowwe” is.
Die FSC wys in sy mediaverklaring, wat Maandag uitgereik is, daarop dat die Grondwet die reg op keuse en vryheid van spraak toelaat.
“ ’n Individu mag besluit om nie ’n Covid-19-entstof te ontvang nie, asook hul vryheid van spraak uitoefen en menings lug. Mense wat egter beskou word as leiers na wie se menings geluister en nagevolg word, moet diskresie en ernstige oorweging aan die dag lê wanneer hulle in die openbaar ’n openbare gesondheidsinisiatief sonder die nodige wetenskaplike bewyse of verwysings daarvoor afskiet.”