Die saak teen die twee mans wat van die moord op die oud-recce Terence Tegg (56) aangekla word, is Woensdag in die landdroshof in Tembisa uitgestel.
Tegg is in Februarie dood nadat betogende werknemers hom met klippe bestook het tydens ’n staking by Clover in Clayville in Midrand.
Tegg was ’n veiligheidspesialis wat by die private veiligheidsmaatskappy PPS gewerk het. Dié maatskappy is deur Clover aangestel om te help met bykomende beveiliging by hul aanleg.