Bloed in ’n huis en ’n byl op die dak het gelei tot die inhegtenisneming van twee mans in Noordwes nadat ’n verkoolde lyk verlede week in ’n motor se bagasiebak gevind is.
Hoewel dié vondste tot Arthus Khoza (18) en Mahlatsi Nkuna (20) se inhegtenisneming gelei het, is die identiteit van die slagoffer steeds nie vasgestel nie.
Khoza en Nkuna, wat reeds elk op ’n aanklag van moord in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn het, bly in aanhouding tot hul volgende verskyning op 30 Junie, het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in die provinsie, gesê.