Twee mans het Maandag in die landdroshof in Bosbokrand verskyn nadat hulle glo ’n man doodgesteek het wat sy seun in ’n kuierplek wou bystaan.
Marvin Ndlovu (24) en Santos Makhonza (36) word van die moord op Adolf Zitha (41) aangekla.
Die voorval het Sondag omstreeks 04:00 in ’n taverne in Xanthia naby Bosbokrand gebeur.