Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n paartjie van Sasolburg in die Vrystaat vermoor het, het Woensdag hier in die hof verskyn.
Stanley Ligena (25) en Sithembiso Hlongwane (28) staan tereg vir die moord op Annie Liebenberg (63) en Michael Zantow (64). Hul lyke is Sondag en Maandag onderskeidelik by twee van Zantow se huise gevind.
Ligena was na bewering hul tuinwerker wat Vrydag by Zantow se huis in Lateganstraat gewerk het. Dit is vermoedelik waar hy vermoor is. Die verdagtes het glo toe na die paartjie se huis in Watersonstraat gegaan, waar Liebenberg vermoedelik vermoor is.