Twee onwettige immigrante wat verlede jaar in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem is, is elk ’n effektiewe tronkstraf van 19 jaar opgelê ná hul skuldigbevinding.
Lawrence Flaveo Cuetsele (21), Nelson Mhlongo (34) en Antony Tembe is op 5 Maart verlede jaar in die park in hegtenis geneem toe veldwagters op geweerskote gereageer het, sê brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder.
Hulle is in die besit van ’n geweer, ammunisie en ’n mes gevind.