Twee renosterstropers is Vrydag in die Skukuza-streekhof tot onderskeidelik 13 en 19 jaar tronkstraf in twee afsonderlike sake gevonnis.
Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, is Munandi Mathebula (42), 13 jaar tronkstraf vir onregmatige betreding in die Krugerwildtuin, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en die besit van ’n gevaarlike wapen opgelê.
Die hof het hom ook onbevoegd verklaar om ’n vuurwapen te besit.