’n Laerskoolmeisie van Thabong, naby Welkom in die Vrystaat, het in Junie spoorloos verdwyn nadat sy glo deur mense in haar omgewing ontvoer is. Sy het intussen teruggekeer en is sedertdien tuis.
Die gr. 7-leerling het op 21 Junie by haar ouerhuis in Bronville opgedaag nadat sy nege dae tevore spoorloos verdwyn het. Sy beweer sy is ontvoer.
Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het die polisie nog na haar gesoek toe sy by die huis opdaag. Polisielede het hulle na haar ouerhuis gehaas, waar die laerskoolmeisie beweer het sy is ontvoer.