Drie mans wat verlede jaar in die Krugerwildtuin vasgetrek is toe hulle vermoedelik op ’n strooptog was, is Vrydag in die streekhof op Skukuza tronk toe gestuur.
Sibusiso Mahlaule (29), George Manyise (30) en Rodrigues Ngobeni (34) is elkeen altesame sewe jaar tronkstraf opgelê op klagte van onderskeidelik onregmatige betreding en sameswering om ’n misdaad te pleeg.
Omdat Ngobeni van Mosambiek is en onwettig toegang tot Suid-Afrika verkry het, is hy nog agt jaar tronkstraf opgelê weens die oortreding van die Wet op Immigrasie.