AfriForum gaan hom tot die hof wend oor die geldige tydperk van rybewyskaarte.
Motoriste moet elke vyf jaar hul rybewyskaart hernu. AfriForum wil hê dat hierdie vereiste ongeldig verklaar en hersien moet word.
Hy vra ook ’n verklarende bevel dat die Nasionale Padverkeerswet en die meegaande regulasies wat die geldige tydperk van rybewyskaarte tot vyf jaar beperk, onredelik, arbitrêr en vaag is.