Dit is nie reg dat die vermeende loervink elke keer ’n verskoning het nie, het ’n jong vrou Vrydag tydens kruisverhoor in die saak teen dié man in die streekhof in Bloemfontein gesê.
“Dit is b*llsh*t dat hy elke keer ’n verskoning het,” het ’n baie emosionele 21-jarige student, ’n vriendin van die man se stiefdogter, gesê en getuig dat dit gerieflik is dat hy toevallig elke keer ’n verskoning het of ontken wat hy aan haar en ander meisies gedoen het.
Haar getuienis was in reaksie op ’n stelling deur adv. Edwin Grobler, wat namens die vermeende loervink optree, dat sy deur haar tande lieg as sy beweer die beskuldigde het haar voorarm, heup en boud gestreel en opmerkings van ’n seksuele aard teenoor haar gemaak.