Die ANC wil sy “ongrondwetlike” beleid van kaderontplooiing gebruik om selfs ’n houvas te kry op entiteite soos die regbank, die openbare beskermer (OB), skole, universiteite en die Verkiesingskommissie (OVK).
So het adv. Anton Katz SC, namens die DA, Dinsdag mondelings aangevoer in die saak waarin dié party die hof vra om die beleid van kaderontplooiing onwettig en ongrondwetlik te verklaar.
“Die beleid drup van ongrondwetlikheid. Elke sweetgat van die beleid is problematies,” het Katz in slotbetoë aan ’n volbank regters in die hooggeregshof in Pretoria gesê.