Gerhard Jansen van Vuuren het nie in 2013 na Brasilië gevlug om sy moordverhoor te ontduik nie, maar uit “skaamte en skuldgevoel”.
Nou werk hy daaraan om homself ’n beter mens te maak.
Hy wil nie ’n lewe leef waar hy gehaat word nie, maar is nie eens seker of hy homself al vergewe het weens sy meisie se moord nie.