Die Wes-Kaapse departement van landbou het ’n uitspraak van die appèlhof verwelkom wat ’n vorige bevel dat sy ouditverslae vir twee boekjare tersyde gestel word, bekragtig.
Dié hof in Bloemfontein het Maandag die ouditeur-generaal (OG) se appèl teen ’n bevel van die hooggeregshof met koste van die hand gewys.
Africa Boso, OG-woordvoerder, het Woensdag by navraag gesê die OG neem kennis van die uitspraak van die appèlhof, bestudeer dit en sal reageer nadat hy die inhoud en implikasies oorweeg het.