Die African Transformation Movement (ATM) se mosie van wantroue teen pres. Cyril Ramaphosa is niks anders as ’n poging van dié party om die interne sake van die ANC te beïnvloed nie.
Daarom kom sy hofaansoek om ’n geheime stemmery tydens sy mosie op te dwing, neer op ’n “misbruik van die hofproses” en moet dit met ’n bestraffende kostebevel van die hand gewys word.
Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het Woensdag so aangevoer in die ATM se hofaansoek waarmee die party haar besluit om ’n geheime stemmery tydens die mosie te weier, wil laat hersien en tersyde stel.