’n Man wat vroeër ’n skrikbewind in die Kopanong-woonbuurt in Bloemfontein gevoer het, is in die hooggeregshof in dié stad tot 35 jaar tronkstraf gevonnis.
John Komane (34) is Donderdag op verskeie klagte, waaronder twee aanklagte van verkragting en drie van huisroof gevonnis. Die hof het gelas dat Komane 28 jaar tronkstraf moet uitdien.
Op al die aanklagte is hy elk tot sewe jaar tronkstraf gevonnis, maar die hof het gelas dat die een aanklag van huisroof samelopend met die verkragting uitgedien word.