“Ek is tot niet. Ek het nie geweet of ek saans wou gaan slaap en soggens wou opstaan nie.”
So het ’n emosionele Jacobus Nel van die JS Nel-boerdery in die Bultfontein-distrik Maandagmiddag in die hooggeregshof in Bloemfontein voor regter Phillip Loubser getuig.
Nel het getuig in die verhoor van Phillipus Pretorius (50), ’n graanmakelaar wat glo verskeie Vrystaatse boere uit meer as R30 miljoen bedrieg het met mielietransaksies.