’n Man van Kuilsrivier in die Kaap wat glo bande het met die Crusaders National Christian Resistance Movement, is Vrydag in die landdroshof in Bluedowns op borgtog van R1 000 vrygelaat.
Randall Esau (46) word aangekla van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, plofstof en ploftoestelle. Die saak teen hom is tot 27 Maart volgende jaar uitgestel vir verdere ondersoek.
Hy het glo bande met die Crusaders, waarvan onder andere die leier op aanklagte van terreur aangekeer is.