Die hooggeregshof in Bloemfontein hoor Vrydagoggend 'n dringende aansoek van dr. Nandipha Magudumana, minnares van die veroordeelde moordenaar en reeksverkragter Thabo Bester, aan waarin sy vra om dadelik vrygelaat te word.
In die aansoek sê sy sy is deur die polisie uit Tanzanië ontvoer en sy word nou onwettig in die vrouetronk in Kroonstad aangehou.
Magudumana is in April in Tanzanië saam met die voortvlugtige Bester in hegtenis geneem en binne dae met ‘n spesiaal gehuurde vliegtuig terug na Suid-Afrika gebring.