Die Staatsteater in Pretoria het die bankrekeninge laat vries van nege mense en twee maatskappye weens beweerde bedrog van R24,6 miljoen.
En by Vryheidspark, nie ver daarvandaan nie, kan rekenskap nie van bates van R9,8 miljoen – of dalk selfs R19,8 miljoen – gegee word nie.
Die Staatsteater het Maandag ’n dringende hofaansoek gebring in ’n poging om geld terug te kry wat uit hom geswendel is.