Johan du Toit (38) het met sy hande sy vrou, Chanel, verwurg en haar versmoor. Sy het probeer terugbaklei deur sy hande van haar gesig af te trek en het haarself in die proses gekrap. Sy het hom ook gekrap, alles in ’n poging om haar eie lewe te red.
Dit is wat die staat aanvoer op die noodlottige aand van 6 Julie 2010 in die kothuis op die Dieu Donné-wynplaas in Franschhoek gebeur het. Chanel was 28 jaar oud toe sy vermoor is en Du Toit is nou, byna 13 jaar ná die moord, 38 jaar oud.
Die staat het sedert die begin van die saak gesê daar is geen regstreekse getuienis teen Du Toit nie, en het sy saak op verskeie omstandigheidsgetuienis gegrond.