’n Man het Vrydag in die streekhof in Gqeberha skuld beken op 13 aanklagte dat hy homself onbetaamlik ontbloot het aan 13 vroulike eiendomsagente.
Dit is ’n oortreding van artikel 8 van die Wysigingswet op die Strafreg.
In ’n skuldooreenkoms wat deur sy prokureur voorgelees is, het die 36-jarige Nicolaas van der Merwe gesê hy het WhatsApp-video-oproepe aan eiendomsagente gemaak terwyl hy kaal op die bed gelê en masturbeer het. Sy dade was sigbaar op die video-oproepe.