’n Stellenbosser wat rustig een aand ’n hamburger by die Beyerskloof Wine Bar in Ryneveldstraat wou geniet, is getraumatiseerd nadat sy glo ’n metaalvoorwerp, soortgelyk aan ’n mediese naald, ingesluk het nadat sy ’n hap van haar hamburger geneem het.
Die naald het in haar keel vasgesteek en sy is inderhaas na die hospitaal geneem waar sy ’n operasie moes ondergaan in ’n poging om die voorwerp te verwyder.
Nou eis sy meer as R750 000 skadevergoeding van die restaurant vir die mediese onkoste, die emosionele trauma en skok en toekomstige mediese uitgawes wat sy sal moet aangaan.