Die aanklagte teen haar is vir haar “verskriklik” omdat sy haar hele lewe nog werk om ’n goeie naam op te bou.
So het Jeanette Neveling, hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se eenheid teen kommersiële misdaad in Noordwes, haar gevoelens beskryf nadat sy Donderdag weens beweerde winkeldiefstal in die hof verskyn het.
“Ek is onskuldig, maar ek sal volledige kommentaar lewer wanneer die tyd ryp is.”