Die Springbok-losskakel Elton Jantjies (31) was Sondagaand tuis nadat hy die oggend op die O.R. Tambo-lughawe aan die Oos-Rand in hegtenis geneem is.
Hy was glo op ’n internasionale vlug van Dubai in ’n woordewisseling met ’n lugwaardin betrokke nadat ’n lig van die vliegtuig beskadig is.
Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het Sondagaand gesê borgtog is aan Jantjies toegestaan. Hy is omstreeks 08:50 op die lughawe in hegtenis geneem en teen 17:00 die middag vrygelaat.