Toe die gewapende man in die kortbroek en rooi baadjie hom Woensdagaand voor die bors gryp, grond toe dwing, skop en op hom trap, het hy gedink hy gaan sterf – net dáár, in die parkeerterrein in die sentrum van die wegneemetewinkel waar hy en sy neef kort vantevore slap tjips bestel het.
Die 16-jarige slagoffer van ’n voorval in Groblersdal in Limpopo waarvan ’n selfoonvideo die afgelope week soos ’n veldbrand op die internet versprei het, het gister telefonies aan Rapport gesê hy ly aan asma vandat hy drie was.
Toe die een ná die ander skop hom omstreeks 18:30 die aand tref, was sy wind uit en kon hy sekondes lank nie asemhaal nie. Die seun kan nie geïdentifiseer word nie omdat hy ’n minderjarige slagoffer van misdaad is.