Die groep verdagtes wat in hegtenis geneem is ná die gyselaarsdrama by die kerk aan die Wes-Rand wat tot die dood van vyf mense gelei het, kon nie Woensdag in die hof verskyn nie omdat die hof vir ontsmetting gesluit is.
Volgens ’n kennisgewing by die hof was die hofgebou Dinsdag en Woensdag gesluit om ontsmet te word. Sake op die hofrol is in absentia uitgestel.
41 verdagtes het Maandag vir die eerste keer in die landdroshof op Westonaria op aanklag van moord, poging tot moord en kwaadwillige beskadiging van eiendom verskyn.