Die aansoek om borgtog van Garth Simpson (68), die boer van Dundee wat op die skietdood van ’n tienerseun teregstaan, is Woensdag in die landdroshof in Glencoe uitgestel.
Hy word van moord met voorbedagte rade aangekla.
Simpson het beeste, wat aan verskeie mense behoort, op sy plaas geskut toe Qiniso Dlamini doodgeskiet is.