’n Man wat van die moord op ’n Duitse toeris aangekla word, is Maandag met sy verskyning in die landdroshof in Kabokweni, Mpumalanga, borgtog geweier.
Monica Nyuswa, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, sê die hof het bevind Napoleon Nyalungu kon nie uitsonderlike omstandighede toon wat sy vrylating op borgtog regverdig nie.
“Hy word beskuldig van die moord op die Duitse toeris Jörg Schnarr (67) verlede maand,” sê Nyuswa.