Daar hang ’n wolk van sameswering oor die getuienis wat teen Sekola Matlaletsa (45) en Sekwetje Mahlamba (33) in die hof gelewer is, het regter Cagney Musi Vrydag in sy uitspraak gesê.
Matlaletsa en Mahlamba is in die rondgaande hof in Bethlehem in die Vrystaat onskuldig bevind aan die moord op Brendin Horner (22). Hy is op 1 Oktober verlede jaar by ’n plaashek in die Paul Roux-distrik vermoor.
Die twee is ook aangekla van die roof van Horner se voertuig en van veediefstal.