Die huiswerker van Polokwane wat weens die moorde op haar jare lange werkgewers in hegtenis geneem is, het die dag ná hul roudiens die familie gehelp om hul besittings op te pak.
Sophie Mmako (51) het selfs ’n yskas van die vermoorde Lizette Deacon (55) en haar bejaarde ma, Hettie (79), by die familie gekry om dankie te sê vir haar jare lange diens. Dit was voordat die familie bewus was dat sy glo betrokke is by die moorde.
Mmako het die afgelope 24 jaar, sedert 1996 vir Hettie, gewerk.