Die Springbok-losskakel Elton Jantjies (31), wat in hegtenis geneem is ná ’n voorval op ’n Emirates-vlug van Dubai na Johannesburg, gaan probeer om die saak buite die hof te skik.
Só het Nabeela Moola, Jantjies se regsverteenwoordiger, Maandag in die landdroshof in Kempton Park gesê toe haar kliënt vlugtig verskyn het.